Candice van der Merwe is een van die 15 finaliste wat vanjaar meeding om as topmodel van die Sports Illustarted se gewilde mode-kompetisie gekies te word.
Vir die 17-jarige model van Kaapstad kan dit die wegspringplek vir ’n roemryke loopbaan wees.
Candice was een van meer as 1 100 inskrywings en sy is in ’n aanlynstemming tot die top-vyftien-groep verkies.
Candice van der Merwe se lewensfilosofie – dat ’n mens elke oomblik met mening moet aanpak – beteken dat sy vir die res van die jaar haar almanak deeglik beplan het. Sy word 18 in Oktober, wil haar matriekjaar by Abbotts-kollege in Milnerton voltooi en beplan om einde November na Tokio te vertrek.
Candice verkies Tokio omdat modelle daar goed opgepas word.