Bekende Afrikaanse aktrise Milan Murray het in die Kaap grootgeword. Sy’t Drama studeer aan Pretoria Technicon en ook by verskeie studios in NY.
Milan, alom bekend vir haar rol as Dusty da Silva in die treffersepie “Isidingo”, was ook te sien as Melanie in “Dit wat Stom is” en as Jo Retief in “Song vir Katryn” (2004).
Na haar sukses in “Isidingo” het Milan Murray se fokus van televisie na teater geskuif. Sy was op die verhoog te sien saam met veterane Sandra Prinsloo en Andrew Buckland. Haar eenvrou vertoning “’n Pers hoed vir Mrs Brown” se regie is deur Gys de Villiers behartig en het landwyd vol sale getrek.
Film is egter waar Milan se passie le. Sy was te sien in twee Amerikaanse films “Slash” (Cannes Film festival) en “Snake Island”. Met haar hoofrol Sage in die Mnet film “Murmur” het Milan deur en deur bewys dat sy die gewig van ‘n vollengte film kan dra.
Milan het onlangs haar hand aan regie gewaag met die stigting van haar maatskappy Blikaspaai Produksies. Blikaspaai fokus op musiekvideos vir die Afrikaanse mark, en Milan is ewe gemaklik in die regiseur stoel as voor die kamera.