You're not logged in. Please log in or register.

Ubuhle header

Vicky Davis

Vicky Davis

 

"Fortune favours the brave!" is Vicky Davis se gunsteling leuse.

Vicky Davis is sekerlik meestal bekend vir haar vertolking van Tessa Krige in dei sepie, 7de Laan.

Van die Paselle website: "Ek is gebore in die Kaap en het grootgeword in die Boland waar ek op Somerset-Wes skoolgegaan het. My ouers, albei eertydse joernaliste, het van vroeg af my liefde vir die kunste aangemoedig. Na skool is ek Universiteit Stellenbosch toe waar ek ’n BA- graad in Drama en Tale (Eng) en ’n honneursgraad in Drama (Regie) met Afrikaans en Nederlands, verwerf het. Een van my hoogtepunte as student was toe ek ’n Fleur du Cap teatertoekenning ontvang het as mees belowende student, en die US Drama toekenning vir beste aktrise."